19 Julie 2020

WELLINGTON DIGI-DIENS | Skatkis vol geskenke (video) | 2 Tim 3:14 tot 4:5

Prediker:
Teksgedeelte: 2 Tim 3:14 tot 4:5

KONINKRYKSTYD #7

Die Bybel is 'n skatkis vol geskenke - meer as net die lees van woorde – dit is lewensveranderend en help ons om ons denke, hart en lewe te bepaal. Die stem van God se woord moet meer word en my stem, sosiale media se stem en eie belang, minder.

Vanoggend kyk Ds Francois Human wat 2 Tim 3:14 tot 4:5 sê oor hierdie skatkis van geskenke, wat ons tot ons beskikking het. Hierdie week is ook ‘n lusmaker vir ons 40-dae reeks wat op 26 Julie 2020 afskop.

Mag jy, waar jy is en saam met wie jy is, deur God bemoedig en gevorm word om ‘n draer van Sy hoop en ‘n bouer van Sy koninkryk te wees in die gemeenskap waar jy werk en leef. (Wellington Digi-diens is in samewerking met NG Wellington Oos, NG Wellington-Noord en Wellington Moederkerk).

VERWELKOMING & GEBED Ds NJ van As (NG Wellington-Oos)

PREDIKER Ds Francois Human (NG Wellington-Noord)

SKRIFLESING 2 Tim 3:14 tot 4:5 deur Ds Bennie Janse van Rensburg (Wellington Moederkerk)

GEBED & SEËN Ds NJ van As (NG Wellington-Oos)

MUSIEK

“Ps 100” Gemeentesang van NGK Universiteitsoord Orrelis: Prof. Wim Viljoen

“Ariana“ Tony Anderson https://tonypterodactyl.bandcamp.com/...

“Progress” Ever So Blue Fragment ℗ Epidemic Sound Composer: Jakob Ahlbom

"Meguru" Cape Town Youth Choir (formerly Pro Cantu) Conductor: Leon Starker Namibian Traditional

“Gaan Dan Heen” Teks en musiek: Soekie Rautenbach © 1997 Brettian Productions (Opgeneem op Issie Waarheid) www.flam.co.za

Amenlied Gemeentesang van NGK Universiteitsoord Orrelis: Prof. Wim Viljoen

 

DANKOFFERS

Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER

Bankbesonderhede:

ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000

ZAPPER:

 

Go to Top