POPIA: Wet op beskerming van persoonlike inligting, Wet 4 van 2013

Die POPIA-Handleiding verskaf die riglyne om aan die agt wetlike voorwaardes te voldoen ten einde te verseker dat daar met sorg omgegaan word met persoonlike inligting. Hierdie handleiding is by kerkkantoor ter insae.

Die Wet maak ook voorsiening dat daar ter enige tyd aangevra kan word watter persoonlike inligting daar van ’n lidmaat gehou word en skryf voor hoe daar gevra kan word om dit te wysig of te vernietig.

Alle inligting van lidmate word slegs gebruik vir gemeentedoeleindes.

Lidmate kan hier ‘n vorm voltooi om toestemming gee tot die gebruik, versamel en berg van hulle inligting
Lidmate kan hier ‘n vorm voltooi om toestemming te gee tot die gebruik, versamel en berg van inligting van hulle minderjarige kind.

Die volgende vorms is beskikbaar vir lidmate:

Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting
Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting
Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n lidmaat vir die verwerking van persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking

Meer inligting oor hierdie wet kan hier en hier gekry word.