G-VOUCHER: Gemeenskapsprojek wat omsien na die dorp se haweloses. Hier word gepoog om nie net fisiese honger te verlig maar ook die spirituele te bevredig.

HAM: Ons gemeente is nou betrokke by Huis Andrew Murray en een van hul huise word ook versorg deur ons gemeente. Kontak Liezl Williams as jy graag betrokke wil raak.

UITREIKE: Omliggende plaasskool uitreike vind gedurende die Julie vakansie plaas. Word deel van die span.

ALIMENTASIE: Ons almal voel die druk van die benarde ekonomiese tyd waarin ons leef. Maar wanneer jy die een is wat jou werk verloor, is dit eens so erg. Dit is ook nie so maklik om weer ’n ander werk te kry nie. Dan begin ’n mens noustrop trek en hoop daar kom nie ander onverwagte uitgawes soos siekte nie. Naderhand is die bietjie spaargeld uitgeput en begin jy van jou items verkoop net om aan die lewe te bly. Moelike tye soek nie uit nie. Elke mens het sy trots en wil nie sommer bedel nie. Hoe nou gemaak? Dit is hier waar die kerk se diens van barmhartigheid sy hand uitsteek. Hier is die lys van benodighede vir die projek.

SILWERKRUIN ACVV TEHUIS VIR BEJAARDES

HUGENOTE KOLLEGE

ANDREW MURRAY SENTRUM VIR SPIRITUALITEIT

ACVV – WELLINGTON

WAMAKERSVALLEI OPLEDINGSENTRUM

ARBEIDSBEDIENING: Kyk hier na ‘n video waarin Carin Brink, bestuurder van IMSA (Industrial Ministry SA) of Arbeidsbediening Kaapstreek, vertel aan gemeentes wat deuroffers opneem, waarvoor hul ondersteuning aangewend word