Jeugbediening

Ons Jeugbediening bestaan uit interaktiewe ontmoetings waar kinders en tieners leer hoe om Jesus in die wêreld te gaan leef.

  • Konsistoriekerk: 3 – 5 jariges in die konsistorie tydens die erediens
  • Kinderkerk: Gr.1 – 4’s tydens die erediens in ons kerksaal
  • Laerskool Kategese: Gr. 5 – 7 na die erediens kerksaal
  • Hoërskool Kategese:

’n Mens kan jou nie jeugbediening indink sonder die verskeidenheid kampe nie!

Daar is die #IMAGINE kamp aan die einde van die eerste kwartaal, die Graad 4-7 kamp aan die begin van die tweede kwartaal, die Blouvlei Uitreik aan die einde van die tweede kwartaal, die JUMP-Kamp skoolverwisselingskamp vir graad 7’s in die Oktober vakansie en die Tiener stap aan die einde van die jaar. En natuurlik die belydenisgroep se jaarlikse kamp.

“Lê die Here dit dalk op jou hart om ’n positiewe rol in die lewe van ons jongmense te speel? Hier is regtig vir jou baie ruimte om diensbaar te wees.” epos gerus vir Ds. Francois Maritz sou jy by hierdie bediening wou betrokke raak by francoismaritz89@gmail.com

Silwerkruin Diens

Die georganiseerde bejaardesorg in die gemeente het reeds in 1916 begin toe Dorkas-huis vir bejaardes geopen is.  Hierdie instansie bestaan vandag nog onder die naam Stokkiesdraai en voorheen genoem Huis Lizelle.

Baie van die senior burgers is nog heel beweeglik. Terwyl ander met moeite loop. Vir baie is dit baie moeilik om by die hart van die kerklike lewe uit te kom, die erediens. Daarom word daar elke Sondag ’n erediens in Silwerkruin aangebied.

Dr Nico Viljoen is tans verantwoordelik vir die gemeente se bejaardesorg. Benewens die eredienste word daar ook op ’n Woensdag biduur gehou en op Donderdae Bybelstudie.

Ná die erediens word daar in die sitkamer ’n kort oordenking gehou vir diegene met demensie. Dr Nico word bygestaan deur ’n aantal dienswekers vrywilligers wat nie net in die erediens betrokke is nie, maar ook besoeke bring, musiek speel of uit boeke voorlees.

Die gewilde kuierplek in Silwerkruin heet Memory Lane.

Wanneer jy by hierdie dienswerk betrokke raak, kan jy verseker wees dat jy in ’n dankbare en erkentlike omgewing doenig gaan wees.