19 Julie 2020

WELLINGTON DIGI-DIENS | Skatkis vol geskenke (lees) | 2 Tim 3:14 tot 4:5

Prediker:
Teksgedeelte: 2 Tim 3:14 tot 4:5

KONINKRYKSTYD #7

SKATKIS vol GESKENKE - 2 Tim 3:14 – 4:5

Ds Francois Human / 19 Julie 2020

 

SKATKIS:

‘n Dogtertjie (Mary Jones) het elke Sondag saam met haar pappa en mamma kerk toe gegaan. Daar het die dominee ‘n skatkis oopgemaak – dan het hy stories vertel, briewe daaruit gelees en hulle geleer. Sy wou so graag ook so ‘n skatkis gehad het, maar daar waar hulle gebly het, in daardie deel van Wallis, was daar nie ‘n skool nie. Dus kon sy ook nie lees of skryf nie. Sy het wel baie keer deur die week by ‘n tannie wat naby hulle gebly het, gaan kuier en dan kon die tannie uit haar skatkis voorlees.

Op ‘n dag het haar pa by die huis gekom en die goeie nuus meegedeel dat daar ‘n skool gaan kom. Sy het elke dag werkies gedoen – kinders opgepas, hout verkoop…. alles om geld te spaar, want dit het baie swaar gegaan met haar en haar ouers. Na 6 jaar het sy een dag na die buurdorp gestap om vir haar ‘n skatkis te gaan koop, omdat daar nie meer by hulle beskikbaar was nie. Sy kom toe by ds Thomas Charles en vertel hom dat sy geleer lees en skryf het…en 6 jaar al spaar vir die skatkis. Ongelukkig het hy niks meer gehad nie. Mary het sommer in trane uitgebars en toe besluit ds Charles hy gaan een van sy eie skatkisse vir haar gee.

Ons noem die Skatkis die Bybel.

Ja vriende – dis die ware verhaal van hoe die Bybelgenootskap begin. Want toe ds Charles weer by ‘n vergadering kom van al die dominees, het hy hulle Mary Jones se storie vertel. Hulle het toe besluit dat daar iets gedoen moet word sodat Bybels versprei kan word teen bekostigbare pryse.

2020 is die Bybelgenootskap van SA 200 jaar oud - jaar van die Bybel

Skriflesing – ons gaan nou luister hoe ds Bennie vir ons uit 1 van die briewe van die skatkis lees.

Wat het Kitch Christie, Jake White en Rassie Erasmus in gemeen....al 3 rugby wereldbeker wenners, al drie voorspelers, al 3 het op kritieke tye in ons land se geskiedenis geleer vir die span.. dit gaan oor meer. Gaan nie net oor die 15 manne wat saam speel nie.

MEER….

- daar is meer as net die lees van woorde in Bybel. (Skatkis vol geskenke)

- dis nie net ‘n gewone boek nie…. dis baie baie meer

- dis vol hoop, waardes, lewenslesse en die belangrikste dis die Here se gesels met ons

- daar is meer daaraan om te sê ek het die Bybel al 2 of 3 keer deurgelees, ontdek jy meer.  ONTDEKKING en VERWONDERING

 

Nie 'n boek met al die antwoorde nie....indeks van probleemoplossings nie. Of lees net die Bybel dan is al jou moeilikhede weg nie.

Hoe meer ek leer hoe meer leer ek hoe min ek weet.

Paulus skryf nou uit die tronk – hou by wat julle geleer het. Moedig aan om ons oë te hou op die koms van die koninkryk. Want alles verloop nie altyd maklik nie en mense hou nie altyd van wat die Woord sê nie. Moenie ophou op meer en meer te delf in SY word nie.

Ek kan nie help om tog te wonder as mense (almal) meer Bybel lees, meer die beginsel navolg, meer die God van die Woord leer ken.... hoe sal ons land lyk.

Soos van ons onbeholpe ministers en mense lê klag voor alkohol. Nou wonder ek waar ons die fout van diefstal en korrupsie, bendegeweld, rassisme, geweld en plaasmoorde moet gaan soek....ons kan die lys nog laaaaank maak.

My kinderlike geloof in die Woord van God sê – as mense meer leer van die Woord, meer die Woord lees…. dis waar die verandering in kom.

Dit vra:

MINDER....minder glo wat die mense sê van my en wat die wêreld sê ek moet doen. Ons moet weer hoor....ons doen dit wat die Bybel sê.

Minder my party en meer God se beginsels.

Minder my wense en meer God se drome vir my.

Minder dinge doen soos ek dit wil hê, maar soos HY dit wil

Minder my sondige/ verkeerde denke meer sensitief vir God se influistering.

 

Hierdie Skatkis is soos die Here self…..dit sal vir altyd en altyd daar wees.

Hierdie Skatkis vol geskenke sê – 1 Tim 4 – dit gan nie altyd maklik wees nie, maar hou aan:

  •        Ek vergeld nie kwaad met kwaad nie, nee, ek oorwin die kwaad met die goeie.
  •        As ek gevloek word, antwoord ek met 'n seën.
  •        As my vyand honger is, gee ek hom of haar kos.
  •        Ek kyk nie of ander mense my wil bedien nie, nee ek soek iemand wat ek kan bedien

 

Ons nooi jou om vanaf volgende Sondag 26 Julie weer opnuut vir 40 Dae te reis deur die Bybel.

 

Andrew Murray – Pride must die in you, or nothing of heaven can live in you.

Geniet die skatkis vol geskenke wat elke dag iets hemels in jou wil laat wakker word.

 

DANKOFFERS

Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER

Bankbesonderhede:

ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000

ZAPPER:

 

Go to Top