10 Mei 2020

WELLINGTON DIGI-DIENS | Lewende boustene (lees) | 1 Pet 2: 1-10

Prediker:
Teksgedeelte: 1 Pet 2: 1-10

LEWENDE BOUSTENE (VERSKILMAKENDE BOUSTENE)

Digi Preek – 10 Mei 2020

Ds. Francois Human

Skriflesing:  1 Petrus 2: 1-3

 

Hier by my is ‘n telefoon – nie die soort wat ons vandag ken nie. Vandag druk ons die nommer in en dit skakel na enige plek. Paar jaar gelede moes mense die slinger draai en dan het iemand by ‘n kantoor (mens het dit die Sentrale genoem) opgetel en gevra – Nommer asseblief en dan het jy gevra vir 1811 of Johannesburg en die nommer.

Hierdie mense het ‘n belangrike rol gespeel – anders kon jy nie kommunikeer nie of jy kon nie sake doen nie. Vandag wil ons vir almal salueer wat so ‘n belangrike rol speel, veral ons Moeders….ons Ma’s, Ouma’s, Tannies & Vriendinne.

Op Moedersdag….ons waardeer jul elkeen…..in ons Skriflesing hoor ons van nog belangrike rolspelers.

“I am the master of my fate, I am the captain of my soul”….digter William Ernest Henley en president Mandela.

Op ‘n manier is dit wat Petrus vir ons uitspel in 1 Pet. 2 se eerste 3 verse….”groei en word sterk - soos ‘n baba smag na melk, so moet julle smag na my, sê die Here.”

Dit gaan verder...

GROEI: “Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis…”. Waar het mens al ooit gehoor van ‘n lewende steen? ‘n Klip is tog ‘n dooie ding.  In vandag se lewe heg ons ook nie meer soveel waarde aan ‘n hoeksteen nie. Dit is eintlik vir ons ‘n vreemde ding. Maar vir die mense van daardie tyd was dit belangrik gewees. Dit was die klip waarop ‘n hele gebou se gewig gerus het.  Dit het daarop neergekom dat indien ‘n mens die klip sou kon uithaal, die hele gebou ineen sou stort.   Petrus se pleidooi dat ons sal sterk word en dat ons gemeenskap van gelowiges sal groei en sterk word - Ons kan nie net op ons eie groei nie, ons groei ook saam met ander.

 

GLO: Dit is wat dit beteken as Jesus Christus die hoeksteen is. Sonder Christus kan ons nie bly staan nie. Sonder Jesus is ons niks. Aan die een kant is Jesus Christus soos ‘n onbeweegbare rots, ‘n vaste hoeksteen waarop alles in ons lewe berus. Maar al is hierdie rots sò vas en sò stewig —  is hierdie steen egter ook lewend.  Hierdie steen is lewend omdat Hy opgestaan het en aan ons lewe gee.

 

Daar is wel by tye hierdie spanning - ons as Christene is die boustene, maar so dikwels leef ons nog — in ons huise, in ons werk, ja, selfs in die kerk - as struikelblokke vir ander, al is ons eintlik boustene.

 

Ons moenie te vinnig van ons struikelblokke in ons eie land vergeet nie, net omdat meeste van die berigte huidiglik oor Covid 19 handel nie…nee, Suid-Afrika was of is op die voorpunt van korrupsie, misdaad, diefstal, noem maar op.

Dit maak nie die kind van die Here beter omdat jou naam nie daaraan gekoppel is nie…inteendeel dit roep ons reeds op om ons lig te laat skyn. Om op te bou te midde van moeilike omstandighede…..al wil mense ons afkeur.

Ons moet besef dat in ons lewe as Christene ons daarna moet strewe om dit te wees wat ons reeds is…en wat is ons? – ons is waardevolle boustene, ons is oorwinnaars, ons is vrygemaaktes, ons glo dat ons swaarkry tydelik is - wat onsself kan GEE as offer.

Jesus het die voorbeeld kom stel – Homself vir ander gegee.

 

Verhaal – Seun by huis gekom met brief wat net sy ma mag oopmaak. Sy het gelees en weggedraai van hom. Trane wat rol oor haar wange. Hy het gevra – mamma wat sê die brief en sy het vir hom gesê - “Die skool sê jy is te slim en het te veel talent om langer in die skool te wees. Sy het homself geleer….Na haar dood – “mevrou jou seun het nie die vermoë om hier te kan skool gaan nie, ons kan hom nie langer akkommodeer nie.”

Sy het die vertroue gehad – oor 1000 uitvindsels bv. stemboodskappe
(Thomas Edison)…Belangrike rol / Groei, Glo, Gee jouself as verskilmakende lewende bousteen.

Groei, Glo en Gee jouself as verskilmakende lewende bousteen.

Amen.

 

 

DANKOFFERS

Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER.

Bankbesonderhede:

ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000

ZAPPER:

Go to Top