5 April 2020

WELLINGTON DIGI-DIENS | Draers van Jesus se Naam (lees) | Matteus 21: 1-11

Prediker:
Teksgedeelte: Matteus 21: 1-11

Sondag 5 April 2020

Teks – Matt 21: 1 – 11

Tema - Wonderlike wêreld…wonderlike mense…wonderlike tye

O, DIE DONKIE IS ‘N WONDERLIKE DING
HY TREK AS HY STAAN EN HY VREK AS HY GAAN,
O, DIE DONKIE IS ‘N WONDERLIKE DING
HY STAAN EN DINK,
WANT DIE MUISHOND STINK………

Dis ‘n ou bekende en verspotte liedjie wat vroeër jare gesing is. Eintlik om die spot te dryf met die donkie as dier.
(vra dat iemand dit vir jou sing…?)
En so het baie van ons groot geword dat die donkie nie ‘n baie slim en gewilde dier in die skepping is nie. Mense kom kyk mos die groot 5, nie die donkies nie.

Maar die term “Donkie” is eie aan Wellington.Die Sendinginstituut se studente wat hier afgestudeer het, het bekend gestaan as “Donkies”. Dr Andrew Murray het met hierdie term voor ‘n dag gekom na aanleiding van Jesus se intog in Jerusalem – die gedeelte wat ons vanoggend gelees het. Hy het gesê – die sendeling sal soos die donkie, die draer van Jesus se naam wees. Die leuse op die Sendinginstituut se wapen “Afrika vir Christus”.

Is dit nie wat Wellington, ons land en die wêreld weer in die Lydenstyd moet hoor nie? – nie net Afrika vir Christus nie, maar die wêreld vir Christus. Dat ons opnuut geroep word om draers van Sy naam te wees, mat ander woorde “draers van hoop en nuwe lewe”.

Ek was dors en julle het Jesus se naam gebring deur water.
Ek was siek en julle het Jesus se naam gebring deur versorging.
Ek was in die tronk en julle het Jesus se naam gebring toe julle my besoek het.
Ek het met HIV geleef en julle het my nie verwerp nie.
Ek het kankerbehandeling ontvang en julle het my ondersteun.
Ek moes my besigheid sluit en jy het my as arbeider billik behandel.
Ek moes deur erge droogte veg en jy het my gehelp
Gelowiges ons is draers van hoop oral waar ons gaan.

Ons moet onthou Jesus het Sy bediening nou afgesluit in Galilea en kom voortsit in Jerusalem. En dit was nie maklik nie. Vers 10 van Matt 21 sê – die stad het in beroering gekom. Nie almal het hom geken nie, daarom dat hulle ook vra “Wie is die man?”. Ons wil dus aflei dat dit nie noodwendig vir Hom maklik was in Jerusalem nie.
Ons onthou ook Mat 2:3 toe Jesus gebore is – Herodes en die hele Jerusalem was saam met hom hewig ontsteld.

Lewis Pugh (swimmer) sê – There are some things you can only learn in a storm. En hier leer Jesus ons dat alles nie altyd maklik is nie en almal nie altyd ewe erg oor jou is nie, maar jy kan nie/ mag nie stil bly nie. Mense raak ontsteld as jy nie saam met hulle stem of soms hulle teen gaan nie. Soms is die vriende of familie, soms kollegas of vreemdelinge. ‘n Draer van Jesus se naam behoort lig te bring in donker tye.

Verhaaltjie – Kliënte wat by winkel se yskas staan. Haal ‘n pak regte egte botter uit. Die maak van die botter se naam is Springbokbotter. Die man vra vir die persoon wat daar werk. Waarvan word booter gemaak? Werker sê “van melk meneer’. Kliënt vra dink jy rgtig mens kan ‘n springbokooitjie vasdruk en melk , en dan botter maak. Hy antwoord – Meneer daai gaan nie maklik wees nie maar dis moontlik.

Rondom Jesus en die dissipels was daar ‘n klomp mense wat daardie dag met intog in Jerusalem geskree het “hosanna – prys die Here, Loof Hom” en nie lank daarna het ‘n klomp geskree “kruisig Hom, kruisig Hom”. Is maklik om van God se grootheid te vertel as daar hossannas opgaan, maar raak moeilik as ons lewens in gevaar is of ons bedreig word.

Ons beleef dit vandag nog – mense wat glo en mense wat nie glo nie. Die kruis, veral ook in lydenstyd is ‘n pragtige simbool van ons verhouding ook in die lewe – vertikaal en horisontaal. Liefde vir God en liefde vir jou naaste.
Mense wat God erken en loof – in maklike en moeilike tye; en mense wat glad nie die werking van God wil erken nie.
Mense wat die kerk loof vir wat gedoen word, en mense wat die kerk wil kruisig oor besluite of keuses.

Wil u nie vandag weer saam met my die titel opneem van “draer van Jesus se naam”nie?
Jou omstandighede is dalk nie maklik vandag nie. Of jy kry dalk teenkanting. Of jy sit self met vrae oor die toekoms.

Winston Chuchill – Hoe verder ‘n mens in die toekoms wil insien, hoe verder moet jy in die verlede kyk.
Kyk hierdie groot Lydensweek weer ver terug – onthou ‘n man aan ‘n kruis wat dit vir jou gedoen het. Wat Sy lewe vir jou gegee het. Dit was nie maklik vir Hom nie, maar het dit kom moontlik maak vir ons.
Kom ons juig met Sy krag, al is dit nie altyd maklik nie – Prys die naam van die Here…in goeie tye, slegte tye, onseker tye.

Die Here sing nie vanoggend die donkie is ‘n wonderlike ding nie….Hy sing jy is wonderlike mens, wat ‘n wonderlike verskil kan maak.

Go to Top