16 Augustus 2020

40 DAE DIGI-DIENS | Die Bybel as wet (video) | Matteus 5 : 17 – 22 (a); Markus 12 : 28 – 31

Reeks:
Teksgedeelte: Matteus 5 : 17 - 22 (a); Markus 12 : 28 – 31

40 DAE MET DIE BYBEL

Ons nooi jou uit om saam met ons vir 7-weke op reis te gaan en te ontdek hoe die Bybel op verskeie maniere 'n impak en rigtinggewende rol in ons lewe kan hê. Whatsapp die woorde "40dae" na 072 811 5238 indien jy die hulpmiddele wil ontvang. Jy kan op 5 maniere inskakel:

LEES | Sondag se teksgedeeltes
LUISTER | Digi-dienste op Sondae
DINK | Oordenkings daagliks van Maandae tot Vrydae
DOEN | Familie Bybelstudie op Vrydae
DEEL | Zoom deel sessie op Donderdae aande 19h30

Vanoggend se diens word gelei deur Ds Bennie Janse van Rensburg. Ons ontdek hoe die bybel as wet in ons lewe werk. Wat is ons verantwoordelikheid? Wat is God se verantwoordelikheid? Is daar ‘n band tussen die evangelie en die wet?

Mag jy, waar jy is en saam met wie jy is, deur God bemoedig en gevorm word om ‘n draer van Sy hoop en ‘n bouer van Sy koninkryk te wees in die gemeenskap waar jy werk en leef. (Wellington Digi-diens is in samewerking met NG Wellington Oos, NG Wellington-Noord, NG Groblershoop en Wellington Moederkerk).

VERWELKOMING & GEBED Ds Francois Human (NG Wellington-Noord)
PREDIKER Ds Bennie Janse van Rensburg (Wellington Moederkerk)
SKRIFLESING Matteus 5 : 17 - 22 (a); Markus 12 : 28 – 31 Deur Ds Cornis Botha (NG Wellington-Oos)
GEBED & SEËN Ds Francois Human (NG Wellington-Noord)

MUSIEK
Lied 169 Liedboek van die kerk
“Amenlied” Gemeentesang van NGK Universiteitsoord Orrelis: Prof. Wim Viljoen

DANKOFFERS

Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER

Bankbesonderhede:

ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000

ZAPPER:

 

Go to Top