9 Augustus 2020

40 DAE DIGI-DIENS | Die Bybel as God se balsem (lees) | Jeremia 8:18-9:2

Prediker:
Reeks:
Teksgedeelte: Jeremia 8:18-9:2

DIE BYBEL AS BALSEM

Fokusteks: Jeremia 8:18-9:2 (alternatief Jesaja 10:1-11, Matt 4:23-25, 9:35-38, 11:2-6)

Ds Johan Crous

Die agtergrond is die gebeure in die laaste twee dekades voordat Jerusalem uiteindelik in 586 v.C. verwoes en sy bevolking in ballingskap geneem is. Die opstapeling van moedswillige sonde van die volk het tot God se oordeel gelei. Waarom draai julle van my weg en hou julle aan om weg te draai? (8:5); Waarom hou julle vol met julle bedrog? (8:5); Waarom het julle nie berou oor julle sondes nie? (8:6).  Ten spyte van herhaalde waarskuwings deur profete, in hierdie tyd spesifiek Jeremia, weier die volk om terug te draai na God. Hulle dink trouens dat hulle saak met God reg is omdat God se tempel in Jerusalem staan. Hulle dink Jeremia praat onsin as hy God se oordeel aankondig.  Die profeet Jeremia spreek iets van sy droefnis uit oor die verval van die volk.

18My smart oorweldig my, ek is hewig ontsteld.  19Hoor hoe benoud roep my volk uit 'n ver land: "Is die Here nie meer in Sion nie?  Is Sion se koning nie meer in hom nie?"  Waarom tart hulle My met hulle afgodsbeelde, met hulle vreemde nikswerd gode? 20"Die oes is af, die somer is verby, en ons is nog nie gered nie."  21My volk se wonde is ook my wonde, ek is in die rou, deur angs oorweldig. 22Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie? Waarom het my volk nie gesond geword nie?  9 Ag, was my kop maar vol water en my oë 'n fontein met trane, dan sou ek dag en nag huil oor my volksgenote wat gesneuwel het.   2Ag, was daar maar in die woestyn 'n herberg dat ek my volk hier kon agterlaat en van hulle af kon weggaan daarnatoe. Hulle is almal egbrekers, 'n klomp ontrou mense.

VIDEO GETUIENIS - https://www.youtube.com/watch?v=Pp98cK4YIoM  Man With COVID-19 Was Dying - Then God Sent a Cleaner (4:27) – Die rooi gedeeltes in die teks kom uit die video

"Is die Here nie meer in Sion nie?

18–19: God se hartseer word gekontrasteer met die leiers se houding. Israel se leiers verseker die volk "alles is wel", maar die realiteit is dat Israel dodelik gewond is.  Israel dink die Here is teenwoordig en vra verontwaardig: "Is die Here nie meer in Sion nie?"

Crying out to God/ Het God van ons/my vergeet?
Somebody to help me/ Somebody to encourage me
No one can come in – no pastor, no family or friends –ek is alleen
Here wys my U het nie van my vergeet nie?

Soms dink ons God is onbetrokke (o.a. Bette Midler & Cliff Richard): "From a distance . . . God is watching us . . . from a distance." Dit is nie waar nie. God is nie ver nie. Hy is nie ʼn buitestander nie. Christus het toe Hy oor Jerusalem gekyk en geween het, nie weggedraai en die woestyn in gevlug nie.

18My smart oorweldig my, ek is hewig ontsteld./ ek is in die rou, deur angs oorweldig./ Ag, was my kop maar vol water en my oë 'n fontein met trane, dan sou ek dag en nag huil oor my volksgenote wat gesneuwel het = Die Here hoor my weeklaag

Die gesant van God staan nie maar veraf en kondig – soos Jona – die oordeel sonder meegevoel aan nie. Die oordeel tref hom ook – dis my volk. Hy vereenselwig hom ten nouste met God se saak.  Hy kry sy mense jammer – sy weeklaag gaan uit na God en sy mense.

Weeklaag is wat gebeur as mens vra: “hoekom” en nie ‘n antwoord kry nie. Dit is waar ons kom as ons verby ons selfgesentreerde bekommernis oor ons sondes en tekortkominge kom en breër na lyding in die wêreld kyk.  Hulle pleit by God om aandag aan hulle te gee en om ten behoewe van hulle op te tree.  Lament is deelname aan die pyn van ander.

Wat is jou weeklaag?  Waaroor lament jy?  = Jou huwelik.  ‘n Kind wat van die Here weg gedwaal het.  ‘n Familie lid wat in intensief lê met Covid19.

Soos die Gees in ons lamenteer word ons klein ruimtes waarin die genesende liefde van God kan woon.

In Psalm 6:3 - 4 lees ons: Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?

Verse 18-21 intense meelewing en hartseer in God se hart. God se woede en oordeel word oorweldig deur sy hartstog en patos.  God het empatie en deernis met ons.  God hoor ons weeklaag.

Die Here stuur ‘n antwoord in ‘n skoonmaker/ (Jeremiah)

 21My volk se wonde is ook my wonde 22Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie?

Gilead, oorkant die Jordaan.  ‘n Klein gomboom met smal blare en klein blommetjies wat in warm woestynstreke voorkom.  In die somer maande skei hierdie boom ‘n soet welriekende geur af.  Uit hierdie hars is olie gepers wat genesende eienskappe bevat het.

22Is daar nie balsem in Gilead nie? Is daar nie 'n dokter nie? Is daar nie ‘n Geneesheer nie wat my volk se wonde sal genees nie?

Natuurlik is daar balsem in Gilead. Natuurlik het die dokter reeds bekering en gehoorsaamheid as genesing voorgeskryf. En tog weier die volk om gesond te word.

Die wêreld van ons is een groot hospitaal.  Karl Barth beskyf dit as volg– vol armes en verontregtes en noodlydendes, vol mense wat moeg en hulpeloos is, wat vermoeid en magteloos en moedeloos geword het, mense op sovele maniere verslaaf deur die bose , verkneg deur magte in sovele gestaltes, uitgelewer aan geweld, ontmensliking, verkragting, haat, oorlog, mense soos skape sonder herder, verlam, versteur, verlore – siek tot die dood toe.

Eugene Petersen vergelyk die kerk met ‘n hospitaal waarheen siek mense gaan om gesond te word.  ‘n Plek waar ons ons gebrokenheid kan bely.  Waar ons kan heel word en rus vind.

Ons lewe in ‘n wereld met probleme en uitdagings; as kind van God gaan dit nie noodwendig weg nie, die balsem van Gilead kan my versterk in moeilike en donker tye.

A ray of sunshine/ began to chat to me/ how are you
Encouraging me about souls/ about the love of Jesus
When God wants to reach you He knows exactly who the right person is
Can I pray for you/ He pleaded with God to heal my body
Thumbs up – alles gaan oraait wees
Things turned around

Ons wêreld benodig genesende man en vroue wat weet hulle is geliefd en nie anders kan as om die liefde oor te dra aan ander nie.  Mense wat die Balsem van Gilead met ander deel.

God ken ons behoeftes

Ons kan ons daarin verheug dat God ons intiem ken. Hy verheug Homself in elke detail van ons lewens. Hy is welbekend met ons weeklaag.  Hy is liefdevol teenoor ons.

Don’t tell me God doesn’t know – coke en pakkie chips
God knows our every need/ desire/ God knows what you are in need of
It’s a gift from the Lord/ He is an incredible Saviour
God is personal/ He knows the deepest desires of our hearts

Wat is jou behoefte vandag?

 Moet nooit onderskat wat God vir jou kan doen nie

Wie het nie behoefte aan genesing nie, wie verlang nie na balsem van Gilead nie? Die balsem van Gilead - God se Woord bevat ‘n boodskap wat ’n “teenmiddel vir al die weë op aarde” is.  Spreuke 4:20-22 - Dear friend, listen well to my words; tune your ears to my voice.  Keep my message in plain view at all times.  Concentrate! Learn it by heart!  Those who discover these words live, really live; body and soul, they’re bursting with health.

Troos is slegs by God te vind.  Mense dra nie troos, of enige grond vir troos, in hulself nie.  Gebroke ballinge weet baie goed: Troos is slegs buite mense, in God te vind:  Die goeie nuus lê nie in mense se vermoë om hul omstandighede te verander nie, maar in God.  “The wounded healer”.  Die wond-er-werker.  Die een wat aan wonde werk!  Slegs by God is daar redding uit ons nood, ontvang ons lewe, bevryding, genesing of heling, vernuwing, genade, salf vir ons wonde, herstel vir ons krankhede, troos vir gebroke harte, en ellendiges se lewe word weer nuutgemaak.  Die Woord is kragtig, dit genees en dit verlos, dit herstel en dit bevry, dit maak lewend uit alle bande van doodsheid.  Those who discover these words live, really live; body and soul, they’re bursting with health.  Blye boodskap van troos.  Sagte, genesende en salwende balsem uit Gilead

Hymn #747: There is a balm in Gilead (Afro-Amerikaanse Spritual)

There is a balm in Gilead
to make the wounded whole.
There is a balm in Gilead
to heal the sinsick soul.
Saved – turn your eyes upon Jesus
Unsaved – lift up your eyes and look to heavan with a cry from your heart

Die werklikheid bly nogsteeds staan dat in hierdie wereld gaan ons verdrukking en pyn ervaar ,maaar ek dank die Here vir Hom as die balsem van Gilead wat ons die versterking, genesing en vertroosing kan bied. Mag ons die Balsem van Gilead vir ons eie gebrokenheid ontvang, maar mag ons ook die Balsem van Gilead met ander gaan deel wat genesing nodig het.

 

DANKOFFERS

Oorweeg asseblief om jou dankoffer elektronies te gee via elektronies bankoorplasing (EFT) of via ZAPPER

Bankbesonderhede:

ABSA | Tak: 334-510 | Rek no. 430 580 000

ZAPPER:

 

Go to Top