Die Dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) verteenwoordig die leierskap van al die streeksinodes van die NG Kerk. Hulle het onlangs vergader en na aanleiding van die vergadering ‘n pastorale brief aan alle gemeentes van die NG Kerk geskryf. Lees die pastorale brief hier.

Die Jan Kriel Instituut se jaarlikse Liggieboom-geleentheid vind Saterdag, 29 November 2025 plaas. Elk van die 10 000 liggies op die boom word deur ʼn vriend geborg ten bate van Jan Krielskool leerders wat ʼn verskeidenheid van leer- en fisiese gestremdhede ervaar. Deur die feesviering by te woon of ʼn liggie te borg, word daar ʼn merkwaardige verskil gemaak in ʼn leerder se lewe en opvoeding. Op die aand tree leerders op en Leah vermaak met ʼn vollengte vertoning, asook ʼn kort danksegging en natuurlik die aanskakel van die Liggieboom. Hekke en kosstalletjie open om 17h30 en die program begin 19h00. GEE ʼn KIND ʼn KANS- besoek www.liggieboom.co.za om kaartjies te koop of ʼn liggie te borg.