Gemeente kommunikasie

Ons poog om al meer gebruik te maak van kommunikasie d.m.v. e-pos en sms-dienste. Ons wil asb. vra dat jy seker maak by die kerkkantoor dat ons jou nuutste e-pos en selfoonnr. (ook die kinders!) op ons databasis het indien jy op hoogte gehou wil word. Stuur sommer ‘n e-pos met jou inligting na liezl@wellingtongemeente.co.za sodat ons dubbeld seker kan maak dat jou inligting korrek is.
Junie Uitreik
Tydens die Junie vakansie gaan ‘n ongelooflike verhaal afspeel. 30 Mense gaan die geleentheid kry om 350 kinders se lewens te verander. Jy kan een van die 30 wees. Dit kos net R150. Om te dink dat R150 ‘n lewe kan verander. Inskrywingsvorms is nou beskikbaar by die NG kerk Wellington en die Hugenote Hoërskool. Vir meer inligting kontak asb vir Jandré by 084 383 7427.
Pinkster preke
|
Die afgelope Pinster boodskappe oor die tema: Ons glo in die Heilige Gees... is beskibaar - kliek hier |
Gebedsversoeke
Ons deel in mekaar se lewens . . .
- Ons onthou lidmate wat siek is en/of vir operasies gaan:Estie Marais, Amanda du Plessis en dr. de Jager.
- Ons dink aan Anieka Malherbe met die heengaan van haar Ma; aan Brünhilde van der Westhuizen met die heengaan van haar Pa en aan Hein Langenhoven met die heengaan van sy Ma.
- Ons is dankbaar dat ons dié Pinkster kon saam dink oor die Gees se werk in ons lewens en ons bid dat die Gees ons gemeente, dorp en land sal bly nuut maak.
Nuwe Intrekkers
Baie welkom in die gemeente en gemeenskap ! Ons doen ’n beroep op alle nuwe intrekkers om die nuwe intrekkersvormpie in te vul. Kliek hier vir die nuwe intrekkersvorm. Vir verdere navrae kontak ons by die kerkkantoor, tel. 021 873 1561.
…’n veilige plek om te praat…
vir enigiemand, van hier & daar ver!
- Algemene geestelike of emosionele berading
- Innerlike genesing
- Geestelike begeleiding (‘Spiritual Directing’)
- Persoonlike ontwikkeling - o.a. DISC Personality Preference Profile; Strengths Finder; Enneagram
- Assessering met die oog op verwysing na professionele spesialis
Afsprake: Kobus Mouton 021 8731561 / 082-5749850