40 DAE

image1.JPG

Romeine 12 reeks (r12) afskop

Ons begin stelselmatig gereed maak vir die afskop van die Romeine 12 reeks (r12).

Ons skop af op Sondag, 4 Augustus 2013 en vra dat u reeds nou al begin om omgeegroepe bymekaar te kry sodat ons gereed is vir die afskop na die skoolvakansie.

Die verskillende sessies wat gedurende die r12 (Roete 12) reeks in die groepe behandel sal word deur middel van 'n DVD en studiegids is as volg:

  • Wat is ware spiritualiteit?
  • Hoe om aan God te gee wat Hy die graagste wil hê.
  • Hoe om die allerbeste van God te ontvang.
  • Hoe om vrede te maak met die ware JY.
  • Beleef egte gemeenskap.
  • Oorkom die kwaad wat op jou gemik is.

Die kostes vir die DVD’s en boekies word nog onderhandel en sal binnekort deurgegee word.

 

Junie Uitreik

Ons beplan weer ’n uitreik gedurende die komende skoolvakansie na plaasskole in die omgewing.  Ons wil graag elke dag iets te ete gee vir die sowat 300 plaas kinders wat bedien sal word.  As iemand dalk vir ons kan help met ’n kontantbydrae vir dié doel kan dit by die kerkkantoor inbetaal of elektronies oorbetaal word of met Liezl Williams kontak maak by 082 575 3292.

Indien u kan help met die voorbereiding van die kos vir die ongeveer 40 leerders/leiers (bv. pasta ens.) kan u met Nicolene Human skakel by 082 863 0982.

Die uitreikspan benodig ook dringend vervoer na die plase; indien iemand kan help met ‘n bussie of bakkie met ‘n kappie, kontak asb. vir Jandré Viljoen by 084 383 7427.

Pinkster preke

image2.JPG

  Gebedsversoeke

Ons deel in mekaar se lewens .

  • Ons onthou lidmate wat siek is en/of vir operasies gaan: Dr. de Jager, Susan de Jager, Amanda du Plessis, ds. Johan Portwig en Estie Marais.
  • Ons dink aan die familie van SJ Kotzé wat oorlede is.
  • Ons dink aan Johan Barkhuizen wie se pa oorlede is.
  • Die leerders wat besig is met eksamen.
  • Armoede en Sorg en die Voucher Projek.
  • 40 Dae: Roete 12
  • RAMADAN 2013: Ramadan strek vanjaar vanaf  Di. 9 Julie tot en met Di. 7 Augustus.  Terwyl Moslems vas, bid ons.  Kom ons bid in hierdie tyd vir die kragtige werking van die HG onder die moslemgemeenskap.
  • Bid vir ons kinder-, tiener- en jeugbediening.

Nuwe vertaling vir Afrikaanse Bybel

Verklaring van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika na aanleiding van die petisie teen 'n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. KLIEK HIER

KLIEK HIER vir meer inligting oor die Bybel - 'n direkte vertaling.

Besoek gerus www.nuwekerkbybel.co.za

Nuwe Intrekkers

Baie welkom in die gemeente en gemeenskap ! Ons doen ’n beroep op alle nuwe intrekkers om die nuwe intrekkersvormpie in te vul. Kliek hier vir die nuwe intrekkersvorm. Vir verdere navrae kontak ons by die kerkkantoor, tel. 021 873 1561.

 
 
 

…’n veilige plek om te praat…

vir enigiemand, van hier & daar ver!

  • Algemene geestelike of emosionele berading
  • Innerlike genesing
  • Geestelike begeleiding (‘Spiritual Directing’)
  • Persoonlike ontwikkeling -  o.a.    DISC Personality Preference Profile; Strengths Finder; Enneagram
  • Assessering met die oog op verwysing na professionele  spesialis

Afsprake:   Kobus Mouton  021 8731561 / 082-5749850

KLIEK VIR DIE DATUMS VAN DIE RETRAITES

Adele Joubert was die fotograaf en haar website is www. adelejoubert.com

facebook-icon1.png Gaan sluit aan by ons Gemeente se nuwe Facebook bladsy: Moederkerk Wellington, sodat jy al die nuus en foto’s kan sien van die bedrywighede by ons Gemeente.