Gemeente kommunikasie

duif.jpg

Ons poog om al meer gebruik te maak van kommunikasie d.m.v. e-pos en sms-dienste.  Ons wil asb. vra dat jy seker maak by die kerkkantoor dat ons jou nuutste e-pos en selfoonnr. (ook die kinders!) op ons databasis het indien jy op hoogte gehou wil word.  Stuur sommer ‘n e-pos met jou inligting na liezl@wellingtongemeente.co.za sodat ons dubbeld seker kan maak dat jou inligting korrek is.

Junie Uitreik

Tydens die Junie vakansie gaan ‘n ongelooflike verhaal afspeel.  30 Mense gaan die geleentheid kry om 350 kinders se lewens te verander.  Jy kan een van die 30 wees. Dit kos net R150.  Om te dink dat R150 ‘n lewe kan verander.  Inskrywingsvorms is nou beskikbaar by die NG kerk Wellington en die Hugenote Hoërskool.  Vir meer inligting kontak asb vir Jandré by 084 383 7427.

Pinkster preke

image2.JPG

  Gebedsversoeke

Ons deel in mekaar se lewens . .

  • Ons onthou lidmate wat siek is en/of vir operasies gaan:

                Estie Marais, Amanda du Plessis en dr. de Jager.

  • Ons dink aan die Cillie-familie met die heengaan van Charl Cillie.
  • Die voucher-gemeenskapsprojek.
  • Baie geluk aan Riaan en Marné Louw met die geboorte van hulle eersteling dogtertjie.

Nuwe Intrekkers

Baie welkom in die gemeente en gemeenskap ! Ons doen ’n beroep op alle nuwe intrekkers om die nuwe intrekkersvormpie in te vul. Kliek hier vir die nuwe intrekkersvorm. Vir verdere navrae kontak ons by die kerkkantoor, tel. 021 873 1561.

 
 
 

…’n veilige plek om te praat…

vir enigiemand, van hier & daar ver!

  • Algemene geestelike of emosionele berading
  • Innerlike genesing
  • Geestelike begeleiding (‘Spiritual Directing’)
  • Persoonlike ontwikkeling -  o.a.    DISC Personality Preference Profile; Strengths Finder; Enneagram
  • Assessering met die oog op verwysing na professionele  spesialis

Afsprake:   Kobus Mouton  021 8731561 / 082-5749850

KLIEK VIR DIE DATUMS VAN DIE RETRAITES

Adele Joubert was die fotograaf en haar website is www. adelejoubert.com

facebook-icon1.png Gaan sluit aan by ons Gemeente se nuwe Facebook bladsy: Moederkerk Wellington, sodat jy al die nuus en foto’s kan sien van die bedrywighede by ons Gemeente.